Divine Snoepie
Divine Foods bedryf die snoepie by Laerskool Stellenbosch en het groot sukses met die gesonder alternatiewe wat te koop aangebied word by die Gesondheids Snoepie.
Doelwitte van 'n gesonde snoepie
Bevorder kennis, gesondheid en opvoeding
- Om slegs voedsame kos te verkoop wat ontwikkelende breine en liggame ondersteun met voedingstowwe wat gesondheid bevorder. Dit beteken dat die kossoorte geen preserveermiddels of chemiese bymiddels, soos kleurstowwe en geurstowwe sal bevat nie. Die kos sal so na as moontlik aan die oorspronklike natuurlike vorm van die produk wees. Alle koekies en eetgoed word tuisgemaak van natuurlike bestanddele bv. botter i.p.v. margarien ens.
- Om slegs kos te verkoop wat help om bloedsuikervlakke te stabiliseer wat buierigheid, leerprobleme, en swak konsentrasie help beheer. Dit word bereik deur gesonde proteienbronne met koolhidrate te kombineer. Waar suiker wel nodig is, sal dit in klein hoeveelhede bygevoeg word.
- Om kinders bewus te maak van gesonde kos en 'n gesonde leefwyse en die nadele van ongesonde kosse te verstaan. Toksiene in hul daaglikse dieet en gebruiksprodukte soos skoonmaakmiddels, sjampoes ens te verminder en kennis te dra van die gevare daarvan.
- Om 'n nuusbrief uit te gee oor feite rondom gesonde kos en praatjies te hou by die skool om ouers, onderwysers en kinders in te lig oor die regte keuses.
Die Snoepie is veronderstel om 'n diens aan kinders en ouers te wees en nie noodwendig op hoe winste bedryf te word nie. Gesonde kos is soms duurder, maar die voordele is voor die hand liggend.







